Tuis  >  Sosiale Blad
SOSIALE BLAD

OUD-DURBIES PLOEG TERUG IN DURBANVILLE GEMEENSKAP
Fair Cape Dairies het vanjaar hande gevat met Hoërskool Durbanville tydens die jaarlikse HSD-gholfdag. Die fondse gegenereer op hierdie dag, wat vanjaar op Pearl Valley plaasgevind het, is ‘n tjek ter waarde van R100 000.00 aan Hoërskool Durbanville geskenk. Ons is innig dankbaar vir ons Oud-leerders en Fair Cape Dairies se betrokkenheid en waardeer dat hulle terugploeg in ons skolegemeenskap!

Foto - Faircape
v.l.n.r. Mnr. Eduard Loubser van Fair Cape Dairies (Oud-leerder 1984), Mnr. George Germishuys (Skoolhoof), Louis Loubser van Fair Cape Dairies (Oud-leerder 1987), Maxine Ferguson (Fair Cape)
DURBIES ONDERSTEUN OPERATION SMILE SA
Die Studenteraad van Hoërskool Durbanville het op Maandag 12 Oktober ‘n tjek van R60 000 aan Operation Smile SA oorhandig.

Braam Malherbe, ambassadeur vir Operation Smile SA, was die gasspreker tydens die skool se erekleurefunksie. Die skool se Studenteraad het vanjaar geld ingesamel vir Operation Smile SA.

Die leerders van Hoërskool Durbanville het behoorlik skouer aan die wiel gesit met hierdie projek. Klasse het mekaar uitgedaag met ‘n muntlegging, leerders het pannekoek verkoop. Daar was civvies dae, fliekaande en leerders het “smile badges” verkoop om sodoende fondse in te samel.

Baie dankie aan almal wat bygedra het tot hierdie wonderlike inisiatief, ons waardeer jul ondersteuning opreg!

#DurbiesGeeOm

Foto - Operation Smile SA
v.l.n.r. Lambert Brink, Rowan Wolmarans, Marli Branders, Christiaan Bothma, Jó Havenga, Braam Malherbe (Ambassadeur - Operation Smile SA), Andre Abrahams, Elsa van Heerden

IPIC & AURORA SUPERSPAR MAAK SKENKING
Hoërskool Durbanville Netbal kies jaarliks ‘n tema waarvolgens hul dan gees bou en ook, fondse insamel. Vanjaar se tema was, Durbies gaan GROEN en dit het gewissel van herwinning tot die aanbied van n Vintage Mark op Saterdag, 01 en Sondag, 02 Augustus. Die tema is verder gevoer tydens interskole waartydens die eerstespan- wedstryd met n GROEN Gilbert-bal gespeel is. IPIC winkelsentrum en Aurora SUPERSPAR het saamgespan deur elke doel , van albei spanne, met R100 te borg. Die Durbies het ‘n bedrag van R6100 (R3050 per instansie), ingesamel.

Hier ontvang Mnr Germishuys (Skoolhoof) die tjeks vanaf Me Lynn Herbst, Bemarkingsbestuurder van die IPIC-groep. Mnr Jaco Engelbrecht, van Aurora SUPERSPAR, was afwesig tydens die foto.

Foto - Skenking
v.l.n.r. Lynn Herbst (IPIC Groep – Bemarkingsbestuurder) & Mnr George Germishuys (Skoolhoof)

Foto - Netbal O/19A
Durbanville se O/19A Netbalspan met die groen Gilbert Netbal, waarmee hulle Interskole gespeel het ten bate van fonsdinsameling

DURBIE MA- EN DOGTERAAND
Hoërskool Durbanville se Ma- en Dogteraand het vanjaar op Saterdag 25 Julie 2015 by i Connect plaasgevind.

Dr. Marianne van Wyk Rademan (Oud-Durbie 1981) was gasspreker van ‘n kleurryke, interessante aand. Dr. Van Wyk Rademan se dogters is ook almal Oud-Durbies, Maria (2007), Janet (2009), Marianne(2011) en Lili (2013).

Andriette de la Harpe het gaste vermaak met haar stem en Hestelle Pretorius, van die televisiereeks Kokkedoor, het die ma’s en hul dogters kom touwysmaak met die PAD NA ‘N MAN SE HART.

Foto - Ma- en Dogteraand
Dr Marianne Van Wyk Rademan (Oud-Durbie 1981), Andriette de la Harpe (Sangeres), Hestelle Pretorius (TV Persoonlikheid)

HSD ONDERSTEUN PINK DRIVE

Na aanleiding van die feit dat die 9de Augustus Vrouedag is, het Hoërskool Durbanville op 6 Augustus twee werknemers van die Pink Drive by die skool ontvang wat tydens Lewensoriënteringsperiodes met leerders kom gesels het oor borskankerbewusmaking. Terselfdertyd is die skool se netbalspanne besig om pienk materiaal bymekaar te maak wat hulle ook ter ondersteuning van borskankerbewusmaking om die stamme van bome by die skool draai.
Hier is die O/19A- en O/19B-netbalspanne saam met Me. Debbie Goodall en Suster Maudi Nel van Pink Drive. Me. Goodall is ’n mammograaf en Suster Nel ’n geregistreerde verpleegster.

Heel agter: Leandri du Toit, Shay Burger, Rumay Strauss, Carlea Roux en Michelle du Toit

Middel: Nicole Lamprecht, Madri Maree, Tammy-Lee Jonathan, Marna Louwrens, Me. Anni Stoffberg (Netbal-organiseerder van HSD), Carla Loubser, Tahlia van der Merwe en Brunick Bezuidenhout

Voor: Jacqueline Truter, Elana Kemp, Me. Debbie Goodall (Pink Drive), Suster Maudi Nel (Pink Drive) en Me. Suzanne Minnie (Vakhoof: Lewensoriëntering)

HSD ONDERSTEUN WP-BLOEDOORTAPPINGSDIENS


HSD skenk elke kwartaal bloed deur middel van die WP-Bloedoortappingsdienste en het op 29 Julie het hulle weer so gemaak.

‘n Rekord van 94 punte bloed is geskenk. Hier staan Jessé Cupido Esteé van Tonder by terwyl sy skenk.

Hulle is toevallig vanjaar se eerste prins en prinses van vanjaar se Mnr & Me Durbie.

Tel: 021 976 3188   |   Straatadres: Langenhovenstraat, Durbanville, 7550, Suid Afrika
This site is designed and maintained by Web Promotions