Mnr. en Mej. Durbie 2010
Een van die groot sosiale hoogtepunte elke jaar is die Mnr. en Mej. Durbie-kompetisie. Slegs Gr 12-leerders kan hiervoor inskryf. Hierdie glansryke geleentheid word beskou as een van die beste kompetisies van sy soort in die land.
Gerhard Steenkamp en Lisa Kritzinger is op 12 Maart op 'n glansryke geleentheid as onderskeidelik Mnr. en Mej. Durbie 2010 aangewys.
'n Groep onafhanklike beoordelaars het hulle tydens dié aand, met die tema Bon Voyage, en aangebied in die in die ouditorium, uit vyftien finaliste in elke groep as die wenners van die gesogte titels aangewys. Dané Ludik is as eerste prinses en Alicia Venter tweede prinses, en Dauwe Vannoppen as eerste prins en Wynand Breytenbach as tweede prins aangewys.
Die finaliste het dié aand gepronk met uitrustings wat hul kreatiwiteit ten toon stel met die gebruik van verskeie landsvlae. Die gehoor is ook vermaak deur 'n verskeidenheid kunstenaars – hoofsaaklik bestaande uit leerders van die Hoërskool Durbanville – waaronder sangers, kitaarspelers, dansers en dromspelers.
Elkeen van die vyftien seuns en dogters het verskyn in formele aanddrag vóór die tien finaliste – vyf seuns en vyf dogters - gekies is.
Elkeen van dié finaliste moes 'n vraag van een van die beoordelaars beantwoord. Die beoordelaars was beïndruk met die weldeurdagte antwoorde. Ons finaliste is dus nie net pragtig nie, maar ook slim!
As jy meer oor Mnr. en Mej. Durbie wil uitvind, skakel me
Amelia van Wyk. |