Tuis  >  Skoolkoshuis
DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS

Die skoolkoshuis vir seuns en dogters het ‘n huislike atmosfeer wat die inwoners welkom laat voel. Dit is geleë in 'n veilige woonbuurt in 'n landelike omgewing. Die groot tuin bied ruimte vir ontspanning en beskik ook oor braaigeriewe. Die koshuis is binne stapafstand van die skool, die dorp- en besigheidsentrum, asook fiksheidsgimnasiums.

Toegewyde personeel, waaronder die Superintendent en ander diensdoenende koshuispersoneel handhaaf ‘n gedissiplineerde omgewing om goeie orde te verseker en gereelde studietye vind onder toesig plaas.

Die kombuis het uitstekende fasiliteite en bied drie voedsame maaltye teen ‘n billike koste aan die inwoners.

Inaggenome die hoë brandstofkoste en die logistieke uitdaging om leerders by sport- en ander buitemuurse aktiwiteite te besorg, bied Durbanville Skoolkoshuis die ideale oplossing.

Kontak gerus die Superintendent vir navrae oor verblyf in die koshuis.
TARIEWE
Kliek hier, om die tariewe vir koshuisverblyf te sien.
AANSOEKE
Om aansoek om verblyf in die koshuis te doen, laai asb die Aansoekvorm en Vertroulike Verslag hier af.
 
GEDRAGSKODE
Die Durbanville Skoolkoshuis streef daarna om ‘n gesonde en ordelike omgewing vir die inwoners te verskaf. Om dit te handhaaf, word alle inwoners verbind tot ‘n gedragskode. Laai die GEDRAGSKODE hier af.
KONTAK ONS
Skakel gerus die Superintendent vir enige navrae in verband met die Durbanville Skoolkoshuis.
Tel: 021 976 3188   |   Straatadres: Langenhovenstraat, Durbanville, 7550, Suid Afrika
This site is designed and maintained by Web Promotions