Hoërskool Durbanville hou elke jaar ʼn redenaarskompetisie. Interne kompetisies word vir elke graadgroep gereël, sodat ranglyste opgestel kan word.
Die skool skryf deelnemers in vir streeks- en nasionale redenaarskompetisies. Die afgelope paar jaar het ons gereeld ʼn leerder in die halfeindronde van die landswye ATKV-kompetisie opgelewer en in 2010 is ons vas van plan om ons Afrikaanse en Engelse redenaars se talente uit te stal.