Engels

Prestasies

Akademie

Ons het oor die afgelope drie jaar elke jaar ʼn leerder op die WKOD-merietelys gehad:

Tim Acker, 9de (2005)
Stephan Heunis, 5de (2006)
Juan Janse van Rensburg, 19de (2007)

A-kandidate in Matriek oor die afgelope drie jaar:
2005: 28 uit 170 (16.5%)
2006: 30 uit 139 (21.5%)
2007: 37 uit 163 (22.7%)
2008: 32 kandidate behaal 4+vakonderskeidings.
80% verwerf matrikulasievrystelling.


Sport

Ons leerders spog met:

Nasionale kleure in atletiek, tweekamp, karate, ritmiese gimnastiek, luggeweerskiet, waterski en tennis.
Provinsiale kleure in atletiek, netbal, hokkie, rugby, gholf, aksie-netbal, luggeweerskiet, karate, stoei, ritmiese gimnastiek, driekamp, Polocrosse.

In 2008 was ons o.19 A-netbalspan die WP Skole-uitklopkampioene. Hulle het 3de geëindig in die Nasionale Uitklopkompetisie. In 2009 spog ons met 'n 2de plek in die Wes-Kaap.


Kultuur

Ons leerders steel gereeld die kollig by die ATKV Nasionale Toneelkompetisie. Hier is ʼn paar van ons onlangse prestasies by dié toonaangewende kompetisie:
1ste plek (2002 en 2006)
3de plek (2007)
Beste akteur en aktrise (2006)

In 2009 behaal ons met die produksie Lara Smit – Boernooi die algehele 3de plek, terwyl die produksie se Ensemble en Tegniese spanne in hul afdelings as nasionale wenners aangewys word.