Engels

Ouditorium

Vir enige navrae in verband met die ouditorium, skakel Jan Burger.

Durbanville Hoërskool se ouditorium is een van die beste toegeruste ouditoriums in die Wes-Kaap. Die talle bekende kunstenaars, dansskole en sangskole wat jaarliks hier optree, is ‘n bewys hiervan. Volg asseblief die skakels hieronder vir inligting oor vloerplanne, hoe om die ouditorium te bespreek, en ‘n program van aktiwiteite in die ouditorium.

In die ouditorium

Kliek hier om uit te vind wat wanneer in die ouditorium aangebied word. Dit behels kunstenaars en skoolaktiwiteite.

Besprekings en beskikbaarheid

Voor u die ouditorium wil bespreek, moet u asseblief eers onder “In die ouditorium” hierbo gaan kyk of dit beskikbaar is op die datum wat u in gedagte het. Daarna moet u
Jan Burger
skakel om te bespreek.

Die ouditoriumprogram verander gedurig, gevolglik is die program voorlopig en hoogstens 'n aanduiding van beskikbaarheid soos met die laaste bywerking.

Wat kos dit?

Indien u belangstel om die ouditorium te huur, kliek hier om die vraelys oop te maak wat u moet invul en aanstuur, dan kan ons aan u 'n kwotasie verskaf.

Geriewe in ouditorium

Die ouditorium bied verskeie geriewe waaronder kleedkamers, klank, beligting en ‘n kafeteria. Kliek op enige van die skakels hieronder vir meer inligting:

Kostuums, rekwisiete en dekorstukke te huur : skakel Anna-Marie Joubert.

Klank en beligting

Alle besprekings vir die dienste van hierdie span moet by Jan Burger gedoen word.

Klank- en beligtingkursusse

Hoërskool Durbanville se klankkursus is uniek en maak wêrelde oop vir enige leerder wat in klankingenieurswese belangstel. Die kursus bestaan uit ‘n basiese en gevorderde klankkursus, albei van hoogstaande gehalte en baie prakties gerig.

Kontakpersoon: Hannes Burger 072 122 7844.