Alumni
TE STIGTE OUD-STUDENTEBOND
Tydens die onlangse massa-reünie van die Durbies op die vooraand van die jaarlikse interskole teen HS Stellenberg, het ongeveer 250 oud-Durbies saamgetrek by Bloemendal Restaurant. Onder leiding van Eduard Loubser, tans die voorsitter van die OSB
en Melissa Bower, alumni-bestuurder,
word 'n hernieude poging aangewend om die OSB van die die grond af te kry. Die onderstaande inligting is van toepassing.
VISIE
Die visie van die OSB is om die Skool te ondersteun deur ‘n leidende rol te speel in die uitbouing van die Hoërskool Durbanville as onderwysinstelling van uitnemendheid.
MISSIE
Goeie verhoudings te kweek.
'n Platvorm te skep vir leerders om hul vaardighede te ontwikkel.
Leerders voor te berei om ‘n sinvolle rol in die gemeenskap te vervul.
Leerders aan te moedig om waardes aan te leer wat sal bydra tot vreedsame naasbestaan in ons land.
VERVUL MISSIE DEUR
'n sterk, dinamiese oudleerlingbond te vestig;
uit te reik na alle oudleerlinge en ondersteuners van die skool;
kommunikasie en deelname;
verpligtinge teenoor die donateurs, borge en ondersteuners na te kom
STRATEGIESE DOELWITTE :
Fondsinsamelings: Skoolprojekte
Fondsinsamelings: Gemeenskapsprojekte
Motivering hiervoor is:
a) Werwing en behoud van talentvolle leerlinge en personeel.
b) Projekte van kapitale aard.
Reklame vir en ondersteuning met kulturele aktiwiteite.
Donasies deur oudstudente en ander lede
Oudstudente-bydraes vanuit hulle professionele hoedanighede
Beurse aan behoeftige studente
Lidmaatskap aan te moedig
Skakel tussen die Beheerliggaam en OSB
STRUKTUUR
President: Boy Blanckenberg (tans)
Voorsitter: Eduard Loubser (tans)
Vise-Voorsitter
Sekretaris & Administrateur
Tesourier
Komiteelede: Klasverteenwoordigers
Alumni-Bestuurder
Skoolhoof
Die Alumni-kantoor doen 'n beroep op oudleerders om hulleself beskikbaar te stel of ander oudleerders te benoem vir hierdie verdienstelike saak. Vir meer besonderhede, kliek hier vir die nominasievorms
of skakel Melissa Bower
by die onderstaande nommers.
(021) 976 3188 (T);
(021) 975 8667
(F); alumni@durbanvillehs.co.za
|