Kultuur by Hoërskool Durbanville
Laai gerus 2010 se kultuurprogram hier af.
Skoletoneelfeesuitslae
Feeswenners 2006 - 2009
Eenbedryf-toneelstukke
Hoërskool Durbanville is landswyd bekend vir die uitmuntende eenbedryf-toneelstukke waarmee dit jaarliks aan talle toneelfeeste deelneem. Ons leerders blink elke jaar uit by die feeste en is jarelange toppresteerders in ATKV se Nasionale Tienertoneelkompetisie.
In 2009 het ons Lara Smit – Boernooi (Hennie van Greunen) en Pretpark (Wim Vorster – verwerk deur Jan Burger) gedoen. Lara Smit – Boernooi het uiteindelik in die ATKV Nasionale Tienertoneelkompetisie algeheel 3de geeïndig en was ook nasionale kategoriewenners vir beste ensemble en beste tegniese versorging van ’n produksie.
2010 se produksies
Die tekste wat in 2010 opgevoer gaan word, is nog nie gefinaliseer nie. Die inligting word geplaas sodra dit bekend is en sodra die rolverdeling gedoen is.
Oefenprogram vir 2010
Vir inligting oor die Eenbedryf Oefenprogram, kliek hier.
Optreeprogram vir 2010
Vir inligting oor die Eenbedryf-optredes in 2010, kliek hier.
Eenbedryf-ouerkomitee
Die 2010 Ouerkomitee word in Februarie 2010 gekies.
Toneelspelkompetisie
Ons neem elke jaar in die eerste semester deel aan die Stad Kaapstad Individuele Toneelspelkompetisie. Hierdie wonderlike kompetisie trek reeds landswyd inskrywings en lewer toneelspel van die hoogste gehalte.
In 2008 het twee van ons leerders, Helanje Goussard en Karli Heine, uitstekend presteer. Dié twee het die top 16 behaal uit meer as 400 inskrywings.
Karli Heine is uit die finaliste van hierdie kompetisie gekies vir die tienertoneelstuk “18*” wat vir die Suid-Oosterfees geskryf is deur Saartjie Botha en geregisseer is deur Marthinus Basson. Hierdie toneelstuk het in 2009 by die KKNK en by Aardklop opgetree.
In 2009 was Karli Heine, Kay Smith en Lara Hattingh ons inskrywings en uit 'n rekordinskrywing van 558 deelnemers, het al drie Durbies die finale rondte van 60 gehaal, wat van 22 – 23 Mei in die Kunstekaap-teater plaasgevind het.
Hulle het uitstekend gevaar en soos volg presteer:
Lara Hattingh (gr 8) vorder tot die top 30.
Karli Heine (gr 12) vorder tot die top 16.
Kay Smith (gr 12) vorder tot die top 8, en kry sodoende die geleentheid om in die gala-program op te tree.
Kay verwerf op grond van haar prestasie 'n drama-beurs van R20 000 by Northlink Kollege. Sy kry ook saam met ander finaliste vir 2010 'n rol in die verhoogweergawe van die gewilde voorgeskrewe werk Vaselinetjie, wat by volgende jaar se Suid-Oosterfees en by die KKNK sal speel!
Kontakpersoon: Mnr Jan Burger: 082 881 1503 / 021 975 2407
|