Jongste nuus
Tydens 'n onlangse peiling van die Sunday Times is Hoërskool Durbanville as een van die Top-100 Skole in Suid-Afrika aangewys.
Kriteria vir hierdie prestige-toekenning is gebaseer op die akademiese standaard en prestasies van die skole, naamlik slaagsyfer, % universiteitstoelating, getal A-simbole en die verhouding Wetenskap- en Wiskundeleerders. Welgedaan, Durbies! Ons is trots op die personeel en leerders van ons skool!
|