Afrikaans Dutch English French German Italian Portuguese Russian Spanish
19 | 05 | 2012

Mnr. en Me. Durbie 2012

Een van die groot sosiale hoogtepunte elke jaar is die Mnr. & Me. Durbie-kompetisie. Slegs Gr 12-leerders kan hiervoor inskryf. Hierdie glansryke geleentheid word beskou as  een van die beste kompetisies van sy soort in die land.

Danré Muller en Therina Mostert is op 16 Maart op die glansryke geleentheid as onderskeidelik Mnr. & Me. Durbie 2012 aangewys.

‘n Groep onafhanklike beoordelaars het hulle tydens dié aand, met die tema Simply sjiek, en aangebied in die ouditorium, uit vyftien finaliste in elke groep as wenners van die gesogte titels aangewys. Tenske Smuts is as eerste prinses en Carli Wolmerans as tweede prinses, en Carel Chris van Dyk as eerste prins en Leendert van Ieperen as tweede prins aangewys.

Die gehoor is ook vermaak deur ‘n verskeidenheid kunstenaars – hoofsaaklik bestaande uit leerders van die Hoërskool Durbanville – waaronder sangers, kitaarspelers, dansers en dromspelers.

Elkeen van die vyftien seuns en dogters het verskyn in  formele aanddrag vóór die tien finaliste – vyf seuns en vyf dogters – gekies is.

Elkeen van diéfinaliste moes ‘n vraag van een van die beoordelaars beantwoord. Die beoordelaars was beïndruk met die weldeurdagte antwoorde. Ons finaliste is dus nie net pragtig nie, maar ook slim!

As jy meer oor Mnr. & Me. Durbie wil uitvind, skakel me. Amelia van Wyk.

Mnr. en Me. Durbie 2012

Mnr. en Me. Durbie 2012Mnr. en Me. Durbie 2012

Mnr. en Me. Durbie 2012