Redenaars en Debat
Verantwoordelike persoon: me Elana Bredell
Hoërskool Durbanville neem elke jaar deel aan die ATKV - redenaarskompetisie. Interne kompetisies word vir elke graadgroep gereël, sodat ranglyste opgestel kan word.
Die skool skryf deelnemers in vir die streeks- en nasionale redenaarskompetisies. Die afgelope paar jaar het ons gereeld ʼn leerder in die halfeindronde van die landswye ATKV-kompetisie opgelewer en in 2012 is ons vas van plan om ons Afrikaanse redenaars se talente uit te stal.
Ons neem ook deel aan die ATKV-debatskompetisie, sowel as DF Malan se Dink-of-Sink kompetisie. Durbanville se debatteerders daag ook jaarliks Stellenberg s'n uit. Interne debatskompetisies word kwartaalliks gereël.