Kontakpersoon: Jan Burger
Datum: 28 - 29 Oktober 2011
Besprekings open op 3 Oktober
Die program en meer besonderhede volg later
-
Die room van Durbie verhoogtalent word oor twee aande uitgestal wanneer huidige Durbies, oud-Durbies en Durbie ouers die verhoog deel in wat beloof om een van die hoogtepunte van die jaar te wees.
-
Items en kunstenaars word lank voor die tyd geïdentifiseer sodat die choreografie van die item deeglik beplan kan word saam met die kunstenaar(s).
-
Enigeen wat dus weet van ‘n oud-Durbie of Durbie ouer met besondere verhoogtalent, of dalk self wil optree, moet dringend met Jan Burger skakel sodat ons met u in verbinding kan kom en dit met u bespreek.