SOMERSDRAG - SEUNS:
· Grys langbroek of kortbroek met grys of swart gordel (indien lussies het)

· Wit kortmouhemp met geborduurde wapen of
· Wit langmouhemp MET DAS
· Das (Das hoef slegs dae waarop saalbyeenkomste is, gedra te word)
· Grys sokkies en swart skoolskoene
· Blou kleurbaadjie (Verpligtend gedurende saalbyeenkomste)
· Oortrektrui (Opsionele item- mag in somer gedra word sonder baadjie en das, maar hemp mag nie onder oortrektrui uitsteek nie.)
· Langmoutrui (Opsionele item -mag in somer gedra word sonder baadjie en das, maar hemp mag nie onder langmoutrui uitsteek nie.)
NB: Geen T-hemp met motiewe of gekleurde T-hemp mag onder skoolhemp gedra word nie.
SOMERSDRAG - DOGTERS:
· Blou rompie (Romp se lengte - maksimum van 16cm vanaf vloer gemeet, indien dogter op hul knieë staan, rompie is ‘hipster’ en moet as
sulks gedra word en nie laer nie)
· Wit ‘Princess-styl’ kortmouhemp met geborduurde wapen
· Unieke kort wit sokkies met donkerblou motief en swart skoolskoene
· Oortrektrui (Opsionele item - mag in somer gedra word sonder baadjie, maar hemp mag nie onder oortrektrui uitsteek nie.)
· Das (Dogters hoef NIE met nuwe hempstyl das te dra in somer)
· Blou Kleurbaadjie (verpligtend tydens saalbyeenkomste)
· Langmoutrui (Opsionele item - mag in somer gedra word sonder baadjie en das, maar hemp mag nie onder langmoutrui uitsteek nie)
WINTERSDRAG – SEUNS:
· Grys langbroeke of grys kortbroek met swart of grys gordel
· Wit kortmou- of langmouhemp
· Das (Verpligtend gedurende winter)
· Oortrektrui en langmoutrui (Opsioneel – mag slegs onder baadjie gedra word, hemp mag nie onder truie uitsteek nie.)
· Baadjie (Verpligtend gedurende winter)
· Reënbaadjie (Opsioneel – mag nie in klaskamers gedra word nie)
· Serp (Opsioneel – slegs amptelike skoolserp toelaatbaar)
NB: Geen T-hemp met motiewe of gekleurde T-hemp mag onder skoolhemp gedra word nie.
WINTERSDRAG – DOGTERS:
· Blou rompie (Romp se lengte - maksimum van 16 cm vanaf vloer gemeet indien dogter op haar knieë staan)
· Wit kortmou- of langmouhemp met boordjie vir das
· Das (Verpligtend vir dogters gedurende winter)
· Baadjie (Verpligtend gedurende winter)
· Oortrektrui en langmoutrui (Opsioneel – mag slegs onder baadjie gedra word en hemp mag nie onder truie uitsteek nie)
· Kouse (slegs donkerblou, ondeursigtige ‘lycra tights’ – wolkouse nie toelaatbaar nie)
(NB: Geen kort sokkies mag onder die kouse gedra word nie. Kouse mag nie geleer of geskeur gedra word nie)
· Reënbaadjie (Opsioneel – mag nie in klaskamers gedra word nie)
· Serp (Slegs amptelike skoolserp toelaatbaar)
SPORTKLERE:
ATLETIEK:
· Alle leerders verplig word om in die amptelike atletiekhempie van die skool deel te neem indien hul die skool verteenwoordig.
· Donkerblou Quantex broekies
· Tydens atletiekbyeenkomste moet leerders die volledige skoolsweetpak dra. (Behalwe met die interhuis byeenkoms)
· Alegemene sport T-hempie mag gedurende interhuis byeenkoms gedra word.
KRIEKET:
· Die kriekethempie met krieketlogo. (Dogters en seuns)
· Roomkleurige krieketlangbroeke vir seuns en dogters
· Pet (Opsioneel) [Dit moet die amptelike skoolpet wees]
· Kriekethoed (Opsioneel) [Dit moet wit wees, word nie verskaf by winkel]
TENNIS:
· Tennishempie van Hoërskool
· Eie rompie of broekie
RUGBY:
· Amptelike rugbytrui (word geborg – hoef nie aan te koop nie)
· Donkerblou rugbybroekie
· Rugbysokkies
· Alle eerste spanne MOET met hul volledige winter-skooldrag by wedstryd opdaag.
· Ander spanne MOET met hul volledige skoolsweetpak en tekkies opdaag (plakkies nie toelaatbaar)
NETBAL:
· Wedstryddrag: Netbalhempie en rompie
: Wit enkelsokkies (voorgeskrewe sokkie van skool)
: Volledige skoolsweetpak
: Slegs O-19A span mag geborgde baadjies dra
· Oefendrag: Algemene oefenhempie of wit T-hemp (geen moulose T-hemde of spaghetti hempies nie)
: Donkerblou quantex broekie (geen ‘skipants’)
: Daar mag ook gedurende winter in amptelike blou sweetpakbroek geoefen word.
Geen juweliersware mag gedra word tydens oefeninge of wedstryde nie.
HOKKIE:
Seuns:
· Hokkiehemp en Quantex broek
· Hokkiesokkies
· Moet met volledige skoolsweetpak opdaag vir wydstryde
· O-19A span daag op met volledige wintersdrag en geborgde baadjie
Dogters:
· Hokkiehemp en broekrompie
· Hokkiesokkies
· Moet met volledige skoolsweetpak opdaag vir wedstryde
· O-19A span daag op met hokkiedrag en geborgde baadjie.
ALGEMENE INLIGTING:
· Die amptelike skoolpet kan vir al die sportsoorte aangewend word.
· Knope: Die seunshemde se knope moet ten alle tye vasgemaak wees.
: Boonste knoop van seunsbaadjie moet ten alle tye vasgemaak wees.
: Boonste knoop van dogtersbaadjie moet gedurende winter vasgemaak wees.
URE: KLEREWINKEL:
Maandae & Dinsdae: 08:00 - 14:30
Donderdae: 14:00 - 16:00
Vrydae: 08:00 - 10:00

Hierdie ure is slegs van toepassing gedurende skooldae. Tydens vakansies is die klerewinkel gesluit, behalwe soos hieronder vermeld.
Bogenoemde ure word aangepas tydens Desember en Januarie.
Kontak Mev. Marais vir enige navrae by 083 273 7925

PRYSLYS: KLEREWINKEL 2012:
· DOGTERS: SEUNS:
Dogtershemde: R120 Seunshemde (XS – S) R115
Rompies R110 (M – XXL) R122
Sokkies R20/paar Grys broeke – Nie by klerewinkel
Das R40 Grys sokkies – Nie by klerewinkel
Skoolbaadjie R385 Skoolbaadjie - R385
Baadjie sakwapen R40 Das R40
Kouse (winter) R30 Baadjie sakwapen R40
· ALGEMEEN:
Knope Groot knope R4, Klein knope R3
Langmouhemde Nie beskikbaar by klerewinkel
Langmoutruie: 32 - R132 40 - R154 48 - R180
34 - R140 42 - R160 50 - R186
36 - R144 44 - R168
38 - R148 46 - R173
Oortrektruie 32 - R113 40 - R131 48 - R153
34 - R118 42 - R139 50 - R154
36 - R122 44 - R143
38 - R126 46 - R147
Reënbaadjies R250
Serp R40
Sportsakke: Standaard R130
Toersak R160
Klein R120
Hokkiesak R220
Veeldoelige T-hemp R70
Erewapens R75
Eredas R120
· SPORTKLERE:
KRIEKET:
Kriekethemp (seuns) R175
Kriekethemp (dogters) R175
Krieketlangbroek R150
Pet R50
HOKKIE:
Seuns: Hokkiehemp R125 Dogters: Hokkiehemp R140
Sportbroek R85 Hokkieromp R125
Sokkies R40 Sokkies R40
NETBAL:
Netbalhemp R140
Netbalromp R110
RUGBY:
Skool verskaf geborgde rugbytruie
Rugbybroekies Nie beskikbaar by klerewinkel
Rugbysokkies R40
ATLETIEK:
Atletiekhemp (seuns) R120
Atletiekhemp (dogters) R120
Sportbroekie R85
SWEETPAKKE:
Sweetpakbroeke XXS – M R150
L – XXL R160
Sweetpakbaadjie XXS – M R250
L – XXL R260
TENNIS:
Tennishemp R150
SWEM:
Swembroek Dogters: R130
Seuns : R130
Ons beklemtoon ook dat hierdie pryse mag verskil met die werklike prys, aangesien daar soms prysveranderings plaasvind voordat die webtuiste opgedateer kan word.
ELEKTRONIESE BETALINGS:
Elektroniese oorbetalings kan gemaak word, maar die klere sal nie oorhandig word voor bewys van betaling nie bevestig is nie.
Bankbesonderhede: ABSA Bank
Hoërskool Durbanville
Tjekrek no. 01005353935
Takkode: 33 48 10
Verwysingsno. 3131/003