Prestasies
Hoërskool Durbanville spog met die volgende prestasies vir 2011:
-
Jaco Basson beklee die 13de posisie op die WKOD-Merietelys. Hy is ook aangewys as dei beste leerder in Afrikaans.
-
HSD ontvang 'n toekening vir Wiskunde in die Wes-Kaap.
-
HSD is aangewys as die 17de topskool in die Wes-Kaap.
A-kandidate in Matriek oor die afgelope jare:
-
2005: 28 uit 170 (16.5%)
-
2006: 30 uit 139 (21.5%)
-
2007: 37 uit 163 (22.7%)
-
2008: 32 Kandidate behaal 4+ vakonderskeidings. 80% verwerf matrikulasievrystelling.
-
2010: 24 Kandidate behaal 4+ vakonderskeidings. 80.1% verwerf matrikulasievrystelling.
-
2011: 34 Kandidate behaal 4+ vakonderskeidings. 84% verwerf matrikulasievrystelling.
Ons leerders spog met:
Nasionale kleure in atletiek, tweekamp, karate, ritmiese gimnastiek, luggeweerskiet, waterski en tennis.
Provinsiale kleure in atletiek, netbal, hokkie, rugby, gholf, aksie-netbal, luggeweerskiet, karate, stoei, ritmiese gimnastiek, driekamp.
In 2008 was ons o.19 A-netbalspan die WP Skole-uitklopkampioene. Hulle het 3de geëindig in die Nasionale Uitklopkompetisie. In 2009 spog ons met 'n 2de plek in die Wes-Kaap.
Ons O.19A seunshokkiespan het die grasuitklopkompetisie gewen in 2010 terwyl ons O.19A rugbyspan 8ste geëindig het in die WP premierliga vir Hoërskole. Ons netbalspan het 4e geëindig in die WP 1ste liga.
Henri du Toit is verkies tot die SA O.15 tennisspan en ons het 2 Wes-Kaap, 2 WP en 5 WP jongspan netbalspeelsters opgelewer in 2010. So ook het ons 2 WP hokkiespelers opgelwer in 2010.
Ons leerders steel gereeld die kollig by die ATKV Nasionale Toneelkompetisie. Hier is ʼn paar van ons onlangse prestasies by dié toonaangewende kompetisie:
1ste plek (2002 en 2006)
3de plek (2007)
Beste akteur en aktrise (2006)
In 2009 behaal ons met die produksie Lara Smit – Boernooi die algehele 3de plek, terwyl die produksie se Ensemble en Tegniese spanne in hul afdelings as nasionale wenners aangewys word.