English French German Italian Portuguese Russian Spanish
23 | 02 | 2012

Meer oor HSD

Ons skool het tans 850 leerders en 47 onderwysers (ʼn verhouding van sowat 18:1), sowel as ondersteunende personeel vir sport en kultuuraktiwiteite, die skool se boekekamer, klerewinkel en navorsingsentrum.

Ons konsentreer op die ontwikkeling op drie kerngebiede:

  • Akademie

Ons bied ’n wye vakkeuse, en ’n verskeidenheid bykomende vakke aan. Vir die volledige vakkeuse van Graad 8 tot 12, kliek hier.

  • Sport

Sportsoorte wissel van rugby, netbal en hokkie tot dogterskrieket. Lees meer hier.

  • Kultuur

Kultuurhoof: Jan Burger

(Skakel verantwoordelike persone by elke afsonderlike aktiwiteit)

 

 Op kulturele vlak bied Hoërskool Durbanville jou ’n magdom geleenthede. Ons is wyd bekend vir ons redenaars, skrywers, musikale blyspele en toneelstukke, ons eie blaaskorkes, koor en “drumline”, Mnr. en Mej. Durbie, Die Burger / Durbanville skoletoneelfees, en ‘n topklas Durbie Skouspel. Kliek hier vir inligting oor aktiwiteite waaraan jy kan deelneem.

  • Ouditorium

Verantwoordelike persoon: Jan Burger

Kliek hier vir meer inligting oor die vloerplanne, besprekings en die program van funksies en optredes in die ouditorium plaasvind.

Ons skool het een van die beste  toegeruste ouditoriums in die Wes-Kaap. Dit word op professionele wyse bestuur en talle professionele kunstenaars, dansskole en sangskole tree jaarliks hier op.