Afrikaans Dutch English French German Italian Portuguese Russian Spanish
19 | 05 | 2012

Alumni

TE STIGTE OUD-STUDENTEBOND

Tydens die onlangse massa-reünie van die Durbies op die vooraand van die jaarlikse interskole teen HS Stellenberg, het ongeveer 250 oud-Durbies saamgetrek by Bloemendal Restaurant. Onder leiding van Eduard Loubser, tans die voorsitter van die OSB en Melissa Bower, alumni-bestuurder, word 'n hernieude poging aangewend om die OSB van die die grond af te kry. Die onderstaande inligting is van toepassing.

VISIE

Die visie van die OSB is om die Skool te ondersteun deur ‘n leidende rol te speel in die uitbouing van die Hoërskool Durbanville as onderwysinstelling van uitnemendheid.

MISSIE

•  Goeie verhoudings te kweek.
•  'n Platvorm te skep vir leerders om hul vaardighede te ontwikkel.
•  Leerders voor te berei om ‘n sinvolle rol in die gemeenskap te vervul.
•  Leerders aan te moedig om waardes aan te leer wat sal bydra tot vreedsame naasbestaan in ons land.

VERVUL MISSIE DEUR

•  'n sterk, dinamiese oudleerlingbond te vestig;
•  uit te reik na alle oudleerlinge en ondersteuners van die skool;
•  kommunikasie en deelname;
•  verpligtinge teenoor die donateurs, borge en ondersteuners na te kom

STRATEGIESE DOELWITTE :

•  Fondsinsamelings: Skoolprojekte
•  Fondsinsamelings: Gemeenskapsprojekte
•  Motivering hiervoor is:
a) Werwing en behoud van talentvolle leerlinge en personeel.
b) Projekte van kapitale aard.
•  Reklame vir en ondersteuning met kulturele aktiwiteite.
•  Donasies deur oudstudente en ander lede
•  Oudstudente-bydraes vanuit hulle professionele hoedanighede
•  Beurse aan behoeftige studente
•  Lidmaatskap aan te moedig
•  Skakel tussen die Beheerliggaam en OSB

STRUKTUUR

•  President: Boy Blanckenberg (tans)
•  Voorsitter: Eduard Loubser (tans)
•  Vise-Voorsitter
•  Sekretaris & Administrateur
•  Tesourier
•  Komiteelede: Klasverteenwoordigers
•  Alumni-Bestuurder
•  Skoolhoof

Die Alumni-kantoor doen 'n beroep op oudleerders om hulleself beskikbaar te stel of ander oudleerders te benoem vir hierdie verdienstelike saak. Vir meer besonderhede, kliek hier vir die nominasievorms of skakel Melissa Bower by die onderstaande nommers.

(021) 976 3188 (T); (021) 975 8667 (F); JLIB_HTML_CLOAKING