Welkom by
Hoërskool Durbanville

Ons glo dat hoërskool ‘n tyd van ontwikkeling op vele vlakke behoort te wees. Ons bied vir jou die geleentheid om deel te neem aan sport- en kultuuraktiwiteite, en om vakke te kies wat die wêreld vir jou gaan oopmaak. By ons skool is daar ruimte vir elkeen om hul talente en gawes te ontwikkel, en hul persoonlikheid ten volle uit te leef.

ONS LEUSE

Labor Ornat – Werk Versier

VISIE EN MISSIE

Die Hoërskool Durbanville is ‘n toonaangewende skool waar onderwys op ‘n professionele, voortreflike en aanpasbare wyse in Afrikaans aangebied word. Hier word ‘n vrugbare leermilieu geskep, geborge in dissipline en kernwaardes wat onder andere die menswaardigheid en uniekheid van elke leerder, opvoerder en ouer erken.

Die filosofie van opvoeding aan hierdie instelling berus op die volgende kernwaardes:

• Verdraagsaamheid
• Voortreflikheid
• Respek
• Selfdissipline
• Lojaliteit
DURBANVILLE PROSPEKTUS
Klik op die voorblad om te lees

DURBIES SPOG MET 27 WP ATLETE

Die Hoërskool Durbanville het weer vanjaar puik presteer op die atletiekbaan.

Die skool het vanjaar 27 WP atlete opgelewer.

Baie dankie aan ons afrigters wat die ekstra tyd en moeite insit en baie geluk aan die leerders met hul harde werk en mooi resultate.

Ons is trot op julle! #TrotsDurbanville

Agter v.l.n.r. Leri du Bois, Lara Jordaan, Tegan Barnard, Greta Trtur, Ankia Bosman, Emma Badenhorst, Jana Pretorius, Mienke Myburgh, Lienka Serfontein, Mieke O’ Connor, Danielle Roux
Voor v.l.n.r. Rocco Nortjé, Liam Baird, Lehan Willemse, Daiman Titus, Cole Boyes, Hanré Jordaan, Damian Hendricks, Beau-Nico Ryk
Afwesig vir foto: Daren Brown, Martin Roux, Michael Paulse, Annelie van der Schyff, Bianka Brönn, Heléne van Jaarsveld, Runé du Plessis, Ineke Wegman

 

DURBIES LEWER SA ATLETIEK-KAMPIOEN OP

Die Hoërskool Durbanville het die afgelope paar jaar.

Vanjaar het die Durbies weer ‘n SA atletiek-kampioen opgelewer. Cole Boyes het met die gesogte titel weggestap toe hy die seuns o15 verpring goue medalje ingepalm het.

Rocco Nortjé het ‘n silwermedalje in die gewigstoot vir seuns o15 verower.

Daiman Titus het 5de plek op die seuns o15 100m en 4de plek in die seuns o15 200m los gehardloop. Damian Hendricks het 7de plek in die seuns o15 verspring behaal.

Daren Brown het goed gevaar as mens in gedagte neem hy moes ‘n ouderdomsgroep op hardloop en het 8ste plek in die seuns o17 400m hekkies finaal behaal.

Baie geluk seuns, ons is trots op julle. #TrotsDurbanville

V.l.n.r. Rocco Nortjé, Cole Boyes, Daiman Titus, Daren Brown, Damian Hendricks

DUR’B’OUERS-NUUSBRIEF

Ons e-brief word maandeliks aan ouers gestuur om hulle op hoogte te hou van ons leerders se aktiwiteite, prestasies en sportuitslae. Stuur gerus besondere prestasies aangaande die leerders se buitemuurse aktiwiteite sodat dit gepubliseer kan word.

LEES MEER

Die jongste Dur’B’Ouers kan aanlyn gelees word.

Kliek hier om die volledige nuusbrief te lees.
HOËRSKOOL DURBANVILLE TONEELFEES
 

Datum: 5 - 10 Aug 2019
Plek: HS Durbanville Ouditorium


Skool

Alumni
NUUSFLITS

TownCaptain.com is ‘n aanlyn-publisiteitsforum wat daarna streef om soveel as moontlik rolspelers in die gemeenskap, nl. skole, kerke, sportklubs, plaaslike owerhede en welsynsorganisasies in kontak te bring met die besigheidsgemeenskap.

TownCaptain.com spits hom veral toe om blootstelling te verleen aan prestasies van leerders via www.towncaptain.com. Besoek gerus ook www.facebook.com/TownCaptain om op die hoogte te kom van die jongste skolenuus en –uitslae.

DURBIES HAAL SA AKSIENETBALSPAN

Die Hoërskool Durbanville het die afgelope paar jaar op gereelde basis SA aksienetbalspelers opgelewer.

Na afloop van die nasionale kampioenskappe, wat tydens die vakansie plaasgevind het, is die SA Aksienetbalspan bekendgemaak. Durbies, Amoné Wessels en Lienka Serfontein is albei vir hul puik vertonings beloon met hul insluiting in die SA Aksienetbalspan.

Baie geluk Durbies, ons is trots op julle. #TrotsDurbanville

Agter v.l.n.r. Lienka Serfontein & Amoné Wessels

DURBIES VERTEENWOORDIG WP AKSIENETBALSPANNE

Die Hoërskool Durbanville se netbaldogters het die afgelope vakansie die WP se Aksienetbalspanne verteenwoordig.

Die Durbies het aan die nasionale toernooi, wat vanjaar by die Brackenfellarena aangebied was, deelgeneem.

Ons dogters het puik presteer en is beloon met hul medaljes in die verskeie finale.

Baie geluk Durbies, ons is trots op julle. #TrotsDurbanville

Agter v.l.n.r. Carna Theron, Amoné, Lené Stofberg, Hanlé Erasmus, Charleze Carmichael, Klia Verster, Leri du Bois, Courtney Hickson, Daniëlle Roux, Jannah Smith
Voor v.l.n.r. Lienka Serfontein, Runé du Plessis, Emma Badenhorst, Nellie Slabbert, Melissa Blaauw, Isabella Steyn, Zoë Esterhuyse, Haylie Liebenberg

 

OPEDAG 2019

DURBIE DASH 2018

Vanjaar se Durbie Dash vind op 20 Oktober 2018 plaas en beloof om groter en beter as vorige jare te wees.

Maak seker jy skryf in... raak betrokke en maak ‘n verskil.

Kom ondersteun hierdie fondsinamelingsprojek en skryf in vir een van die volgende:
Padfietsroetes (90km roete – “seeding event” vir Cape Town Cycle Tour)
Bergfietsroetes
Trail Run roetes

Gaan na www.durbiedash.co.za
Kom geniet die dag saam met die Durbie-familie.
#DurbieDash

 

MATRIEKUITSLAE 2018

STUDENTERAAD 2019

Baie geluk aan ons Durbies wat verkies is tot die Studenteraad van 2019.
Sterkte met die uitdagings en gryp dié geleentheid aan.

Agter v.l.n.r. Rocco Nortjé, Riaan De Lange, Emile Jansen van Rensburg, Stef Boshoff, J.W. Wessels, Dawson Hooper, Nellie Slabbert, Stefan Brundyn, Ben Venter, Quinton Weber, Schalk-Willem Burger, Stephan Carstens, Xander van der Westhuizen

Voor v.l.n.r. Maja Smith, Marietjie Slabbert, Kaylee Briel, Louwrens Wessels, Grete Burger, Runé du Plessis, Élan Stoffberg, Inge Botes, Anke Hols, Mia de Villiers

ONS BORGE
Kliek hier vir al ons borge
Tel: 021 976 3188   |   Straatadres: Langenhovenstraat, Durbanville, 7550, Suid Afrika
This site is designed and maintained by Web Promotions