 |
| Engels |
|
|
Tuisblad
Die skool
Vir nuwe leerders
Akademie
Sport
Kultuur
Ouditorium
Sosiaal
Nuus
Klerewinkel
Boekekamer
Alumni
Adverteerders
Borge
Kontakte
|
Geskiedenis
Die Hoërskool Durbanville is geleë in die hartjie van Durbanville. Ons skool het 'n trotse geskiedenis vanaf 1827.
In 1827 is die eerste hoof van die plaaslike skool, die heer H.F. Mellet, as onderwysleier in die destydse Pampoenkraal verwelkom.
Die volgende 50 jaar is gekenmerk deur probleme met die onderwysers, die staat, die kerk en mededinging met privaat skole. Met die aanstelling van mnr. C.J. Haefele as skoolhoof in 1887, het daar stabiliteit gekom. Haefele het hoof gebly tot 1921. In hierdie tyd het die seunskool en dogterskool saamgesmelt en 'n dubbelgeslagskool geword.
Die skool het mooi gegroei. In 1895 was daar 95 leerders; in 1913 120 en aan die einde van 1921 was daar 131 leerders geregistreer. In Januarie 1945 kry die dorpskool hoërskoolstatus. Daar was nou 350 leerders vanaf sub. A tot st. 10. Mnr. A.K. de Jager was op hierdie stadium (1945) die skoolhoof.
In 1955 het die laerskool as gevolg van groeiende getalle afgestig en het die hoërskool en laerskool as aparte skole verder ontwikkel. In 1951 is 'n verdere mylpaal bereik toe die hoeksteen van die huidige gebou gelê is. In 1997 is die huidige hoof, mnr. Germishuys, aangestel.
Van ons nederige begin in 1827 het ons gegroei tot 'n spog Afrikaansmediumskool met puik geriewe.
|
|
|
|