Engels

Meer oor HSD

Ons skool het tans 820 leerders en 47 onderwysers (ʼn verhouding van sowat 18:1), sowel as ondersteunende personeel vir sport en kultuuraktiwiteite, die skool se boekekamer, klerewinkel en navorsingsentrum.

Ons konsentreer op die ontwikkeling op drie kerngebiede:
  • Akademie
Ons bied ’n wye vakkeuse, en ’n verskeidenheid bykomende vakke aan. Vir die volledige vakkeuse van Graad 8 tot 12, kliek hier.
  • Sport
Sportsoorte wissel van rugby, netbal en hokkie tot dogterskrieket. Lees meer hier.
  • Kultuur
Op kulturele vlak bied Hoërskool Durbanville jou ’n magdom geleenthede. Ons is veral wyd bekend vir uitmuntende verhoogproduksies, wat musikale blyspele, toneel, Mnr. en Mej. Durbie, en ons eie skolekunstefees insluit. Ons redenaars vaar elke jaar baie goed en ons blaasorkes presteer uitmuntend. Kliek hier vir inligting oor aktiwiteite waaraan jy kan deelneem.
  • Ouditorium
Ons skool het een van die bestoegeruste ouditoriums in die Wes-Kaap. Dit word op professionele wyse bestuur en talle professionele kunstenaars, dansskole en sangskole tree jaarliks hier op. Vir meer inligting oor die vloerplanne, hoe om die ouditorium te bespreek, en ʼn program van wie, wanneer in die ouditorium optree, kliek hier.