Engels

Boekekamer

Die boekekamer is oop op:
Maandae, Woensdae en Vrydae van 08:00 – 10:00

BOEKE VAN DIE WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS

Alle leerders vanaf Grade 8 – 12 het vanaf 22 Januarie 2009 die handboeke ontvang wat deur die Departement van Onderwys aan leerders verskaf word.

Hierdie boeke bly die eiendom van die Departement en dit is belangrik dat leerders hierdie boeke bewaar en in ‘n goeie toestand aan die Boekekamer terugbesorg.

Wanneer leerders hierdie boeke ontvang, teken hulle vir ontvangs van elke boek. Gedurende die jaar sal die boeke gekontroleer word om seker te maak dat dit steeds in die stelsel is en ook om die toestand van die boeke te kontroleer.

Aan die einde van die jaar sal elke leerder verantwoordelik gehou word vir die teruggee van sy/haar boeke en daar sal van hulle verwag word om te teken dat hulle hierdie boeke teruggee.

Indien boeke beskadig is en/of verlore geraak het, sal die vervangingsbedrag van die boeke van hierdie leerders geëis word. Daar sal aan die einde van die jaar streng kontrole hieroor uitgeoefen word.

Ons doen ‘n beroep op alle leerders en ouers om asseblief seker te maak dat hierdie boeke goed opgepas word en terugbesorg word aan die skool. Dit bly die eiendom van die Departement van Onderwys.

Vir meer inligting, skakel Mariëtte Roos.