Engels

Hoërskool Durbanville – Die hoërskool waar elkeen iemand is!

Ons glo dat die tyd op hoërskool een van ontwikkeling op vele vlakke behoort te wees. Ons bied vir jou die geleentheid om deel te neem aan sport en kultuuraktiwiteite en om vakke te kies wat die wêreld vir jou gaan oopmaak. By ons skool is daar ruimte vir elkeen om hul talente en gawes te ontwikkel, en hul persoonlikheid ten volle uit te leef.

As een van die topskole in die Noordelike Voorstede van Kaapstad, roem ons ook graag op ons noue betrokkenheid by die gemeenskap van Durbanville.
  • Ons Leuse
Labor Ornat – Werk Versier
  • Ons Visie en Missie
Die Hoërskool Durbanville is 'n toonaangewende skool waar onderwys op 'n professionele, voortreflike en aanpasbare wyse in Afrikaans aangebied word. Hier word 'n vrugbare leeromgewing geskep, geborge in dissipline en Christelike waardes.

Ons filosofie van opvoeding berus op die volgende kernwaardes:
  • 'n Christelike waardestelsel
  • Voortreflikheid
  • Respek
  • Selfdissipline
  • Lojaliteit

 

 

 

 


 
Jongste nuus

Tydens 'n onlangse peiling van die Sunday Times is Hoërskool Durbanville as een van die Top-100 Skole in Suid-Afrika aangewys.

Lees meer.


Durbanville
Skolekunstefees
16 - 21 Augustus 2010

FEDSAS

www.schoolalert.co.za ELIZABETH-J ONTWERPE